Graad RR

Tydens Graad RR word u kleuter informeel voorberei vir Graad R.

Ons volg ‘n daaglikse program vol interessante aktiwiteite. U kleuter gaan op ‘n weeklikse basis Zoeloe, Moves4Life (Wiskundesentrum) ,Wetenskap by ons mini-laboratorium en rekenaarsentrum bywoon.

Dogtertjies neem weekliks deel aan kleuternetbal waar hulle in skooltyd kan speel en die basiese vaardighede leer. Ons het ook klein “Poppies” wat spog met hulle optredes saam met ons trompoppies.