ALGEMENE KENNIS

Benjamin Franklin het gesê:  “’n Belegging in Kennis verdien die meeste rente”

By die Algemene Kennis leer ons sommer ‘n klomp nuwe en interessante feite....soos....dat net soos wat ons almal ‘n unieke vingerafdruk het, het ons ook ‘n unieke tongafdruk!  Dat kinders meer groei in die lente as enige ander seisoen en dat mans toe nou sowaar beter bestuurders is as vrouens.  Ons eerste Algemene Kennis was in 2016 en ‘n groot sukses.  Daar was sowat 110 kinders wat deelgeneem het.