EISTEDDFOD

Elke tweede jaar neem ons leerlinge deel aan Eisteddfod en motiveer leerlinge om deel te neem aan verskeie afdelings. L/S Secunda se personeel identifiseer leerders om aan Afrikaans of Engels deel te neem.

Daar is verskillende kategorieë:

  • Spraak en drama
  • Skryfkuns
  • Kuns
  • Sang
  • Danse

Spraak en drama het weer onderafdelings bv. Monoloog, Prosa, Mimiek, Dialoog, Redenaars, Spreekkoor en vele ander.

Daar word gepoog om soveel moontlik leerders die kans te gee om deel te neem om hulle selfbeeld te ontwikkel. Die afgelope jare het leerders van L/S Secunda uitmuntend presteer en verskeie toekennings ontvang tydens die Prestasie-aand.