REDENAARS

Baie kinders het ‘n vrees om voor ander te praat. Dit dra by tot ‘n swakker akademiese punt agv praatjies in die klas wat nie op standaard is nie. Soms is daar net bietjie ondersteuning en aanmoediging nodig om daardie vrees te oorkom. By die Redenaars is dit ons doelwit om u kind se selfvertroue te ontwikkel sodat dit nie altyd ‘n probleem is wanneer u kind voor mense moet praat nie.  Ons neem jaarliks aan kompetisies deel.  Ons het in 2016 ‘n klompie nuwe, baie skaam maats sover gekry om aan die Radikale Leesfees deel te neem.  Daardie maats is ons nuwe sprekers vir die toekoms. Daar is so baie geleenthede vir die kinders om deel te neem en ons wil dit graag soveel as moontlik benut.  Die leerders kan lees en praat in Afrikaans of Engels en ons wil in die nuwe jaar ook ‘n paar groepitems inskryf.  Ons het in 2016 nege(9) sprekers en lesers gehad op Nasionale vlak.  Ons sprekers praat en lees die verhoog aan die brand!

“What you do today can improve all your tomorrows”  - Ralph Marston