Geskiedenis van die skool

Laerskool Secunda het ons deure in 1978 vir die eerste keer geopen as die eerste laerskool in Secunda.

Laerskool Secunda is ‘n skool waar kinders welkom is en voel; ELKE KIND MAAK SAAK, want elke kind is ‘n wenner! As ‘n laerskool wat Christelike waardes nastreef glo ons dat ‘n Christelike grondslag van kardinale belang is en dit dra by tot die sukses wat hierdie skool reeds bereik het en nog gaan bereik.

Laerskool Secunda is ‘n Afrikaansmediumskool wat met uitnemendheid daarna streef om GELUKKIGE, GEBALANSEERDE KINDERS, ONDERWYSERS EN OUERS IN MODERNE ONDERWYS daar te stel.