Skooldrag

Leerders dra die voorgeskrewe skooldrag.  Die leerder mag op die dag wat hy/sy verjaar, gewone klere aantrek. ‘n Rooi windjekker word toegelaat op koeler dae (somer of winter).

Somersdrag

Seuns Dogters
Grys kortbroek Wit skoolhemp
Wit skoolhemp Rompie met ‘n swart ski-pant wat nie uitsteek nie (15cm bo die knie, as op knieë staan.)
Swart skoene of kaalvoet Swart skoene of kaalvoet
Grys kouse Wit sokkies
Rooi trui of moulose trui Rooi trui of moulose trui

OF

Grys langbroek (vir koeler dae)
Wit skoolhemp (seuns) / wit skoolhemp (dogters)
Swart skoene
Rooi trui of moulose trui
Tekkies word nie saam met grys langbroek gedra nie. Windjekker (vir koeler dae)

Vrydae

Vrydae is WENNERDRAG. Leerlinge mag voorgeskrewe hempie dra. 

Saam met hempie:

Dogters: Swart en geel broekie.  

Seuns:   Swart PT/rugby broek of swart sportbroek met geelstreep in.  WENNERDRAG word nie in die winter gedra nie.

Wintersdrag

Skoolsweetpak

Tekkies (Oorwegend wit of grys sport tekkies met wit veters) 

Rooi skooltrui

OF

Grys langbroek

Wit skoolhemp (seuns en dogters)

Swart skoene

Tekkies word nie saam met grys langbroek of kortbroek gedra nie.

Oorwegend wit of grys tekkies met wit veters mag wel saam met sweetpak gedra word.

OF

Kombinasie -    
Grys langbroek
Rooi windjekker 
Swart skoene

Lewensvaardigheidskooldrag

Dieselfde skooldrag as wat vir die Vrydagdrag geld, sal vir die LV periodes van toepassing wees.  Daar mag geen ski-pant gedra word, sonder ‘n swartbroekie nie, soos voorgeskryf by die Vrydagdrag.

Provinsiale klere

Die leerders mag op Dinsdae hul provinsiale klere aantrek bv. Sweetpak, hemp met ‘n donkerblou denim.  Geen ski-pant mag saam met die provinsiale klere gedra word nie

Hare

Algemeen

Hare moet netjies en skoon vertoon. Nuwerwetse haarstyle volgens modegiere is nie gepas tydens skoolure nie.  As nuwe haarstyle/modegiere opduik, het die skool die reg om dit te verbied. Hare mag nie ‘n kind se sig belemmer as hy/sy sit en werk nie. ‘n Leerder mag dus nie deur sy/haar hare loer nie. Gel, haarsproei of mouse mag nie gebruik word om ‘n styl te kam nie. Hare mag nie gekleur word nie. Die skool behou die reg voor om te besluit of ‘n leerder se hare aanvaarbaar is.

Seuns

Hare moet netjies geknip wees.  Direk om die ore moet hare skoon geknip wees. Hare mag nie die ore raak wanneer die hare regaf gekam word nie.  Die nek moet skoon geskeer wees en hare mag nie aan die kraag raak nie.  Indien ‘n kuif gedra word mag dit nie die wenkbroue raak nie. Hare mag nie gekleur word of “gejel” word nie.  Geen “Comb-overs” mag gedra word nie en die lyntjie in die hare mag nie ingesny word nie.

Dogters

Kuif mag nie die wenkbroue raak nie. Sodra hare die onderpunt van kraag raak, moet dit gevleg of in ‘n poniestert vasgemaak word. Balletjies, haarlinte en haarbande mag GEEN ander kleur behalwe rooi wees nie. Hare mag nie gekleur of “gejel” word nie.

Juwele

Dogters

Geen juwele soos ringe, armbande of kettings word tydens skooltyd of –aktiwiteite toegelaat nie.  Slegs gewone goue of silwer “knoppie-studs” of oorringetjies mag deur dogters gedra word.  Die ringetjies mag nie dik wees nie en moet nie groter as 1,5cm in deursnee wees nie.  Die “studs” mag nie groter as 5mm in deursnee wees nie.  Slegs een oorbel per oor in die gaatjie van die oorlel (onderste gaatjie) word toegelaat.

Dogters mag een seëlring dra.  Medic Alert armbandjies en/ of hangertjies en polshorlosies met gewone bandjies sonder tierlantyntjies mag gedra word.  Geen enkelbandjies mag gedra word nie.

Seuns

Slegs gewone polshorlosies met gewone bandjies sonder tierlantyntjies mag gedra word. Medic Alert armbandjie of hangertjie mag gedra word.

Naels

Naels mag nie oor die vingerpunte steek nie.  Kleurlose naellak mag gedra word.  Daar sal in geen spesiale gevalle toestemming gegee word vir langer naels nie.

Indien van handpalm se kant gekyk word, mag die naels nie gesien word nie.  In enkele gevalle (veral met sport) mag ‘n kind versoek word om die naels korter te knip ten einde beserings te verhoed.  Naels moet netjies versorg en skoon wees.

Grimering

GEEN “lip gloss”, maskara, oogomlyner, wangblos, onderlaag, of enige ander grimering word toegelaat nie.  Die reël geld by alle skooldrag.  Medisinale room word wel toegelaat. 

Algemeen

Leerders moet altyd skoon en netjies geklee wees.  Skooldrag is verpligtend. 

Leerders ontvang vergunning om per geleentheid bv. Verjaarsdae, ens. ander klere te mag dra.  Gewone skoolreëls geld steeds ten opsigte van grimering, hare, juwele, ens.