GHOLF

Missie

Om soveel moontlik seuns en dogters geleentheid te gee om aan gholf deel te neem. Om ‘n liefde vir die spel te kweek en hulle gholfvaardigheid te bevorder,maar bo alles dat hulle die sport sal geniet.

Oefentye

Deur die jaar kan op Woensdae na skool geoefen word. Afrigting word gegee in ligakwartale vir gholfers wat aan die liga deelneem.

Skoolkampioenskappe

Ons speel kwartaaliks hierdie kampioenskappe. Liga-spanne word gekies volgens hierdie uitslae. Beste 2 rondtes word in ag geneem.

Hoëveld skolekampioenskappe

Hier kry leerlinge die geleentheid om vir die Laeveldspanne te kwalifiseer. Die kampioenskappe dien ook as proewe vir die onderskeie spanne.

Mpumalanga Interskole Kampioenskappe

Leerders kry hier die geleentheid om vir die Pumaspan gekies te word. Die toernooi word jaarliks in ‘n ander streek gehou.