MINI-GHOLF

Die doel van mini-gholf is om die spel van gholf in sy eenvoudigste vorm aan jong leerders te bied en terselfdertyd genot in spel te verskaf.

'n Lewenslange fondasie vir die liefde vir gholf word gelê.

Selfvertroue word deur middel van sukses ontwikkel.

Basiese vaardighede soos watter stokke gebruik moet word, hoe jou hande moet wees, hoe om te staan en die etiket van gholf word ontwikkel.

Inligting word op skrif aan ouers deurgegee voor die mini-gholf seisoen begin.