MINI-HOKKIE

Mini-hokkie: Spesiaal vir ons toekomstige Springbok hokkiespelers. Hier leer ons maats basiese vaardighede en verantwoordelikhede vir die sport. By die hokkie leer ons maats om balle te dribbel, stop en stoot. Ons leer van spanwerk en staatmaak op mekaar. Ons leer ook van fiksheid en leer om lief te raak vir hokkie.