MINI-KRIEKET

Die doel van mini-krieket is om die spel van krieket in sy eenvoudigste vorm aan jong leerders te bied en terselfdertyd genot in spel te verskaf.

'n Lewenslange fondasie vir die liefde vir krieket word gelê.

Selfvertroue word deur middel van sukses ontwikkel.

Basiese vaardighede soos kolfwerk, boulwerk, veldwerk en paaltjiewagter word ontwikkel.

Inligting word aan ouers deurgegee op skrif voor die mini-krieketseisoen.

Kursusse vir afrigters en klinieke vir spelers word gereël wanneer nodig.