MINI-NETBAL

Laerskool Secunda bied Mini-netbal aan vir Gr-RR- tot Gr 3-dogters. In Gr RR en Gr R word die basiese vaardighede aangeleer en die dogters het oefenwedstryde.

Vanaf Gr 1 speel die dogters op Saterdae teen ander skole. Dit bied die dogters die geleentheid om al die posisies aan te leer en so word hulle meer vaardig om enige posisie te speel vanaf 0/10.