RUGBY

Rugby (0/9 - 0/13)

Die afrigterskorps van Laerskool Secunda glo dat rugby 'n sportsoort is wat positiewe energie by leerders ontwikkel en terselfdertyd hulle emosioneel en fisies sterk maak.

Om die seuns bekend te stel aan 15-man rugby:

  • Moet hulle geskik wees om fisiese en kontakrugby te speel, maar dit moet nie die speler afskrik nie.
  • Seuns maksimaal betrokke te kry en die geleentheid te bied om met die bal te speel en om sy individuele vaardighede te ontwikkel.
  • Drieë moet makliker aangeteken word en dit is vir die speler baie waardevol. Hy voel suksesvol en dit is 'n belangrike element in die leerproses.
  • Aandag moet aan die ontwikkeling van spelers binne die reëls gegee word en die wenmotief moet nie spel oorheers nie.

Al die spanne word afgerig deur gekwalifiseerde en bekwame afrigters. Spelers kry dus genoeg blootstelling aan tegnieke en die spel rugby.