Landsdiens is ‘n organisasie wat al bestaan vanaf 1914 en
dit fokus op die kind se ontwikkeling in geheel.
Landsdiens is ‘n organisasie wat al bestaan van 1914 en dit fokus op die kind se ontwikkeling in geheel. Landsdiens help om selfgedissiplineerde jongmense te vorm wat goeie normes en waardes nastreef.
Die Landsdiensbeweging streef die uitleef van die volgende na:
Die jaarprogram maak voorsiening vir verskillende aktiwiteite:
Baie kinders het ‘n vrees om voor ander te praat.
Baie leerders het ‘n vrees om voor ander te praat. Soms is daar net bietjie ondersteuning en aanmoediging nodig om daardie vrees te oorkom.
By die Redenaars is dit ons doelwit om u kind se selfvertroue te ontwikkel sodat dit nie altyd ‘n probleem is wanneer u kind voor mense moet hoef te praat nie. Ons neem jaarliks aan verskeie kompetisies deel. Leerders kan individueel of in groepsverband deelneem.
Laerskool Secunda se sprekers praat die verhoog aan die brand!
AKAS: ‘Almal Kan Afrikaans Spel’ betaan uit drie bene
naamlik: spel, lees en praat.
Dit is ‘n kompetisie wat in 2016 ontstaan het om leerders in Afrikaans te motiveer om te spel, lees en praat. Afrikaans is geen ‘kombuistaal’ nie; daarom word daar gepoog om op hierdie manier leerders se spelling, lees en taalvaardigheid in Afrikaans te bevorder.
Die AKAS-leesfees waar die leerder aantal woorde kry om voor te berei. Die aankondiger vra die leerder om ‘n woord te spel en die leerder het dertig sekondes om: die woord te herhaal, hardop te spel en weer die woord te herhaal om af te sluit. Indien die leerder die tyd oorskry of verkeerd spel, word die leerder gediskwalifiseer.
Die AKAS-Leesfees is onvoorbereide lees. Alle leerders in die graad kry vyf minute om ‘n gegewe leesstuk voor te berei.
Daarna word alle leesstukke ingeneem en leerders word een vir een na die verhoog geroep om te lees terwyl die ander leerders van die spesifieke graad buite die lokaal wag.
Die AKAS-Praatfees is waar leerders ‘n redenaarstoespraak voordra en alle tegniese aspekte van redenaarstoesprake word as kriteria gebruik om punte te gee.
Hierdie kompetisie bevorder nie net taalvaardigheid by leerders nie, maar gee ook vir die besondere akademikusse van elke skool die geleentheid om uit te blink.
Die WOW-Spelkompetisie word van 2016 as een van die
kultuuraktiwiteite by die skool aangebied.
Leerders van gr. 1 tot 7 neem daaraan deel. Uitdunrondtes word binne klasverbind gedoen om die beste “spellers” in ‘n klas en graad te bepaal. Die leerders neem deel aan ‘n WOW-spelkompetisie om die drie beste spellers in elke graad te bepaal. Die Mpumalanga-uitdunne word gehou om die Mpumalangaspan te bepaal wat aan nasionale rondte deelneem.
Laerskool Secunda hou Revue elke twee jaar en dit is
elke keer ‘n hoogtepunt vir die leerlinge. Dit gee leerlinge
die geleentheid om hulle talente te vertoon.
Elke tweede jaar neem ons leerlinge deel aan Eisteddfod en ons motiveer
leerlinge om deel te neem aan verskeie afdelings.
Laerskool Secunda se personeel identifiseer leerders om aan Afrikaans of Engels deel te neem.
Daar is verskillende kategorieë naamlik:
Spraak en drama het weer onderafdelings byvoorbeeld monoloog, prosa, mimiek, dialoog, redenaars, spreekkoor en vele ander.
Daar word gepoog om soveel moontlik leerders die kans te gee om deel te neem om hulle selfbeeld te ontwikkel. Die afgelope jare het leerders van Laerskool Secunda uitmuntend presteer en verskeie toekennings ontvang tydens die Prestasie-aand.
Ons as skool neem aan lokale en nasionale
skaaktoernooie deel.
Ons as skool neem aan lokale en nasionale skaaktoernooie deel. Leerders ding in hulle onderskeie ouderdomsgroepe mee individueel asook in spanverband. Skaak is een van daardie sportsoorte wat die brein ontwikkel. Leerders vanaf gr. 1 tot 7 neem aan skaak deel. Skaak het ‘n baie goeie uitwerking op akademiese prestasie, aangesien dit leerders leer om te fokus en te konsentreer.
Kunsklub vir kreatiewe kinders!
Weggooibare artikels word gebruik om iets uit niks te maak. Elkeen kry die geleentheid om met verskillende mediums, soos houtskool, akrielverf, mosaiekteels, klei en “modge’podge”, hulle kreatiwiteit te ontdek.
Ons leer speel-speel! Ook hier maak elke kind saak!
Kliek….kliek….kliek. Die kiekieklub is elke tweede Maandag.
Die projek sal ons kinders se ogies oopmaak vir die wêreld op ‘n nuwe manier. Om leerlinge op te lei om vaardighede en tegnieke aan te leer en sodoende ‘n kamera maksimaal te benut.
Aangesien ons kinders gaan leer om die wêreld met ‘n kamera te verken, moet elkeen sy EIE KAMERA hê vir die projek. (selfone is ook aanvaarbaar).
Benjamin Franklin het gesê: “’n Belegging in kennis verdien die meeste rente”
By die Algemene Kennis leer ons sommer ‘n klomp nuwe en interessante feite soos dat nes ons almal ‘n unieke vingerafdruk het, ons ook ‘n unieke tongafdruk het! Dat kinders meer groei in die lente as enige ander seisoen en dat mans toe nou sowaar beter bestuurders is as vrouens. Ons eerste Algemene Kennis was in 2016 en ‘n groot sukses. Daar was sowat 110 leerders wat deelgeneem het.
Bybelvasvrae is ‘n aktiwiteit waar kinders in spanne saamwerk
om vrae oor bepaalde skrifgedeeltes te beantwoord.
Leerders bestudeer die skrifgedeeltes en moet verskeie tipes vrae daaroor kan beantwoord binne ‘n gegewe tyd.
Hierdie is ‘n baie goeie en leersame aktiwiteit deurdat leerders die geleentheid kry om die Bybel in diepte te bestudeer.
By trompoppies leer die meisies van spanwerk en selfdissipline. Dit vorm ook hulle selfbeeld. Laerskool Secunda het drie troepe en gun so ’n geleentheid aan alle ouderdomme om te kan deelneem. Daar is die poppies (ons voorskoolsegroep), die Junior Trompoppies (Gr. 1-3) en dan ons Senior Trompoppies (Gr. 4-7).