Meer Oor Ons

Missie

Optimale ontwikkeling van elke kind deur:

  • Christelike beginsels.
  • Hoë akademiese standaarde.
  • Geleenthede en erkenning.
  • Sport en Kultuur.
  • Tegnologie.
  • Bekwame personeel.
  • Ouerbetrokkenheid.

Waardesisteem

Uit Die Hoof Se Pen

Spreuke 16:3 is vir Laerskool Secunda ‘n baie belangrike teksvers:

“Laat jou werke aan die Here oor, dan
sal jou planne uitgevoer word.”

Wat ‘n groot eer en voorreg om aan die hoof te staan van ‘n toonaangewende skool en om deel te wees van die Laerskool Secunda familie.  Maar veel groter is die voorreg om in Secunda met die kroon van die skepping te kan werk.

Laerskool Secunda se personeel is professionele leerkragte wat gehalte onderrig met passie en entoesiasme aan ons ontvanklike jeug onderrig.  Ons ondersteun en koester elke leerder om te presteer na die beste van hul persoonlike vermoë en potensiaal.  Ons streef daarna om in samewerking met ons ouers, ons kinders toe te rus vir die toekoms om sukses te bereik.  Ons hoë akademiese standaard met klem op lees, gesyferdheid en skryf in die Grondslagfase maak van ons die nommer 1 toppresteerder.

Ons fokus op kleiner klasse en sodoende  verseker ons individuele aandag met die doelwit dat elke leerder hulle volle potensiaal bereik.  Ons span kundige leerkragte (gr. 4-7) bou verder op die grondslag en lei ons leerders tot toppresteerders wat gesog is in die Hoërskool.

‘n Dinamiese opvoedkundige-, kulturele- en sportprogram word deur ‘n onderwyskorps gelei tot voordeel van elke individu se behoefte.  Ons maak ‘n positiewe verskil op ALLE terreine.

Ons moet nooit bang wees om ‘n onbekende toekoms aan ‘n bekende God toe te vertrou nie.  Soggens wanneer ons godsdiens hou by die skool, lê ons daarop klem dat ons God se onderwysers in God se skool is wat na God se kinders kyk.

Die hartklop van Laerskool Secunda is gesetel in die wete dat ons ‘n skool is waar God regeer.

Ons lê klem daarop dat ons God se onderwysers in God se skool is wat na God se kinders kyk!

Geskiedenis

Laerskool Secunda het sy deure in 1978 vir die eerste keer geopen as die eerste laerskool in Secunda.

Die Winkelhaak Laerskool op Evander is herdoop in 1978 en die naam is verander na Laerskool Secunda. Secunda kon op hierdie stadium spog met sy eie skool alhoewel hierdie skool nie in Secunda self geleë was nie. Laerskool Secunda was eers in Evander geleë en al die leerders is deur middel van ‘n busdiens tussen Evander en Secunda, elke dag vervoer skool toe en terug.

Laerskool Secunda het in 1979 geskuif na die gebou in Rissik straat, Secunda, waar dit vandag nog geleë is.

Aanwysings