
Nasorgsentrum
Die naskool skep ‘n omgewing waar leerders emosioneel geborge en fisies veilig kan wees. Die personeel streef om ‘n positiewe ingesteldheid teenoor akademie en goeie studiegewoontes by leerders te kweek sodat hulle akademies hulle potensiaal kan bereik. Huiswerk speel ‘n kritiese rol in enige leerling se skoolloopbaan. Leerders word dus hier begelei om in gestruktureerde studietyd huiswerkopdragte selfstandig te voltooi en hul eie werk met trots te doen. Die naskool dien ook as ‘n omgewing vanwaar hulle buitemuurse aktiwiteite van hulle keuse kan bywoon. Leerders kry ook geleentheid om net lekker te speel sodat ouers met geruste harte in hul loopbane kan floreer.
Die naskoolsentrum is daagliks oop vanaf 13:30 tot 17:30. Wanneer die skool vroeër sluit word reëlings vooraf met die sentrum getref.
Tydens elke skoolvakansie bied ons ‘n vakansieprogram aan vir die ingeskrewe leerders en dan is die sentrum oop vanaf 07:00 tot 17:30. Gedurende die Desember skoolvakansie is die sentrum oop tot die naaste werksdag aan die 16de Desember.
Huidige naskoolkostes beloop R600 per maand vir 2025.
Navrae: nasorg@secundalaer.co.za