Sport

athletics

Atletiek

Ons skop elke jaar af met ‘n propvol atletiekprogram. Ons interhuis (Bokkesport) vind plaas die eerste week van die nuwe skooljaar waar elke leerder die kans kry om aan verskeie veld-en baanitems deel te neem. 

Sport – Hokkie

Hokkie

Sport en opvoeding moet ook buite die klaskamer kan plaasvind om ‘n gebalanseerde kind te vorm.

Oefening vind plaas soos aangedui op die kwartaalprogram. Twee oefeninge word weekliks geskeduleer. Vir sover moontlik vind een wedstryd per week plaas.

Sport – Hokkie

Mini-Hokkie

Spesiaal vir ons toekomstige Springbok hokkiespelers. Hier leer ons die maats basiese vaardighede en verantwoordelikhede vir die sport. By die hokkie leer ons maats om balle te dribbel en te stop en stoot. Ons leer van spanwerk en om staat te maak op mekaar. Ons raak ook fiks en leer om lief te word vir hokkie.

Sport – Krieket

Krieket

Laerskool Secunda se doel met elke krieketspeler is om hom of haar so toe te rus dat hy of sy gebalanseerd die samelewing kan betree. Massadeelname is belangrik en suiwer aanmoediging is die manier waarop ons dit bereik. Laerskool Secunda is ‘n trotse voorganger van uitmuntende sportmangees en ons kweek dit reeds van ‘n vroeë ouderdom by die spelers. Spelers dra die rooi van Laerskool Secunda met trots!

Sport – Krieket

Mini-Krieket

Die doel van mini-krieket is om die spel van krieket in sy eenvoudigste vorm aan jong leerders te bied en terselfdertyd genot in spel te verskaf.

‘n Lewenslange fondasie vir die liefde vir krieket word gelê.

Selfvertroue word deur middel van sukses ontwikkel.

Basiese vaardighede soos kolf-, boul-, veldwerk en paaltjiewagter word ontwikkel.

Inligting word aan ouers deurgegee op skrif voor die mini-krieketseisoen.

Kursusse vir afrigters en klinieke vir spelers word gereël wanneer nodig.

rugby

Rugby

Rugby (0/9 – 0/13)

Die afrigterskorps van Laerskool Secunda glo dat rugby ‘n sportsoort is wat positiewe energie by leerders ontwikkel en terselfdertyd hulle emosioneel en fisies sterk maak.

netball

Netbal

Aangesien sport en fisiese ontwikkeling as deel van opvoeding beskou word, vorm dit ‘n belangrike deel van Laerskool Secunda se leerderontwikkelingsprogram.

Ons netbalvisie vir Laerskool Secunda is: ‘n gebalanseerde opvoedkundige buitemuurse program waar die leerders leer om mededingend te wees en goeie sportmangees aan die dag te lê.

netball

Mini-Netbal

Laerskool Secunda bied Mini-netbal aan vir gr. RR tot gr. 3-dogters.

In gr. RR en gr. R word die basiese vaardighede aangeleer en die dogters speel oefenwedstryde.

Vanaf gr. 1 speel die dogters op Saterdae teen ander skole. Dit bied die dogters die geleentheid om al die posisies aan te leer en so word hulle meer vaardig om enige posisie te speel vanaf 0/10.

netball

Poplapnetbal

Ons hooffokus is dat elke poppie die sport geniet en ‘n liefde daarvoor gekweek sal word.

Mini-netbal gaan hoofsaaklik oor die aanleer van basiese balvaardighede, die verloop van die spel en hoe om as ‘n span saam te werk. Elke poppie kry die geleentheid om aan ‘n mini-netbaldag deel te neem. Tydens wedstryde word daar geen telling gehou nie. Die belangrikste deel daarvan is dat elke poppie saamwerk in die span en dit ten volle moet geniet.

cross-country

Landloop

Enige leerder is welkom om deel te neem aan landloop. Dit bied ons leerders die geleentheid om uithou- en deursettingsvermoë te beoefen. Dit is net die regte oefening om lekker fiks te word en wat ‘n voordeel inhou vir alle sportsoorte. Ons doel is om ‘n liefde te kweek vir hardloop en om leerders se selfdissipline en doelgerigtheid te verbeter. Die landloop vind plaas tydens die tweede en derde kwartaal en daar is geen beperking op deelnemers nie. Leerders kan reeds vanaf gr. 1 deelneem. Ons neem elke jaar graag deel aan verskeie landloopbyeenkomste- en kampioenskappe.

tennis

Tennis

Laerskool Secunda se tennisspan bestaan uit vier seuns en vier dogters. Hulle speel in die Secunda streek skole tennisliga. Vir die gr. 3 to gr. 7 leerders wat nog nooit ‘n wedstryd gespeel het nie en graag wil leer hoe om tennis te speel kan daar by die ontwikkelingspan aangesluit word. Vir gr. 1 tot gr.2 leerders is daar mini-tennis.

golf

Gholf

Missie

Om soveel as moontlik seuns en dogters die geleentheid te gee om aan gholf deel te neem. Om ‘n liefde vir die spel te kweek en die leerders se gholfvaardighede te verbeter, maar bo alles dat hulle die sport sal geniet.

Oefentye

Aan die einde van die derde kwartaal begin ons met afrigting op Woensdae of Donderdae. Afrigting word gegee in kwartaal ligakwartale vir spelers wat aan die liga deelneem.

cycling

Fietsryklub

Die fietsryklub is van gr. 1 tot gr. 7. Oefeninge vind plaas op die skool se fietsrybaan.

danssport

Danssport

Leerders wat by die skool deelneem aan die danssport word opgelei in die volgende dans style: Rhythm and Movement, Street, Solo Latin en Performing Arts. Hierdie aktiwiteit vind plaas vanaf die eerste tot die derde kwartaal.