Laerskool Secunda het sy deure in 1978 vir die eerste keer geopen as die eerste laerskool in Secunda.
Die Winkelhaak Laerskool op Evander is herdoop in 1978 en die naam is verander na Laerskool Secunda. Secunda kon op hierdie stadium spog met sy eie skool alhoewel hierdie skool nie in Secunda self geleë was nie. Laerskool Secunda was eers in Evander geleë en al die leerders is deur middel van ‘n busdiens tussen Evander en Secunda, elke dag vervoer skool toe en terug.
Laerskool Secunda het in 1979 geskuif na die gebou in Rissik straat, Secunda, waar dit vandag nog geleë is.